lê ‘n Karoodorp baie na aan my hart.
In hierdie oase voel ek my tuis;
met minder lawaai wat die ore kan tart.
Die Karoolug is onbesoedeld en skoon,
want die wind warrel en waai, en suiwer die lug.
Die sterre wat hier aan die hemelruim troon,
skitter en skraal op hul nagtelikevlug.
Die Kamdebooberge hou ewig die wag,
verhewe en hoog, soos drake getooi.
Die rante geets deur die wind se verwerende krag,
lyk soos draketande met wag op ‘n prooi.
Die geboue vertel van destydse swier,
in stylvolle Victoriaanse argitektuur.
Ook Karoo en Gotiese styl vind mens hier;
eg Kaaps, histories, met ‘n eie kultuur.
In hierdie dorp wil ek baie graag bly;
een word met die taai doringboom.
Saam met die aalwyne wil ek gedy;
my beste as menswees kleurryk vertoon.
Dan swiep my hart saam met die swaeltjies wat duik,
en vertroetel die hoep-hoep se geroep.
My wese juig saam as die kerkklokke lui;
hier vind ek die rus wat ek soek!
Ver van die stad met die dolle gedruis,
lê ‘n Karoodorp met die naam Aberdeen.
Aan diegene wat graag hierheen wil verhuis,
word ware ontvlugting verleen.