Hy het sy skoolopleiding aan die Bantu-Mission School Aberdeen ontvang. Op September 1960 was hy by die Anglican Church gedoop.
Na sy skoolopleiding het hy skeerwerk gedoen en later wol geklassifiseer. Toe het hy sy werk verander en as ‘n voertuigbestuurder vir sy ouboet se winkelbesigheid begin werk. Hy het ook as a padbouer gewerk in Bloemfontein.
Op die 3 Januarie 1972 het hy met Sophia Thandeka Jacobs in Aberdeen in die huwelik getree. Hulle het 7 kinders gehad.
Op 12 Desember 1967 tydens ‘n Godiens te Thembalesizwe, was hy opgeneem in die Nuwe Apostoliese Kerk. Op 13 Maart 1977 het John die Heilige Verseeling ontvang deur Apostel A.A. Mitas.
Op 10 Augustus 1977 is John verorden in die Onder-Diakenamp en op 20 Julie 1980 in die Diakenamp. Op 8 Desenber 1982 was hy in die Priesteramp ontvang.
Saam met Priester Skosana, en later Gemeente-Evangelis Jacobs, het John gehelp om die Here se werk in Thembalesizwe te bevorder. Hy het ook sendingwerk in Klipplaat en Steytlerville gaan doen.
In 1998 het John die Herderamp ontvang om as Gemeenteleier God se kinders in Thembalesizwe te versorg.
John se, “Die kinders van God lĂȘ baie na aan my hart, en die werk van die Here is vir my ‘n vreugde en sal vir my ‘n vreugde bly.”
Artikel Deur: Joan Tinker